Financial Times

Voorblad van Financial Times op 13 Februarie 1888.

Die Financial Times (FT) is 'n Britse sakeblad wat daagliks internasionaal uitgegee word. Die koerant het groot aansien in die politieke- en sakewêreld met hoë joernalistieke norme. Die Financial Times word onder meer in Londen uitgegee en word as 'n liberale koerant gesien.

Die Financial Times verskyn vir die eerste keer op 13 Februarie 1888. Vanaf 1893 word dit op salmkleurige papier gedruk. Die indeks van die Londense beurs is na die koerant vernoem (bynaam: footsie).

Op 1 Januarie 1979 word die eerste Financial Times buite Groot-Brittanje gedruk, naamlik in Frankfurt am Main. Dit was die beginpunt van 'n groot internasionale uitbreiding. Tans word dit op 23 plekke gedruk en het naas die Britse uitgawe ook drie Europese, een Amerikaanse en een Asiatiese uitgawe. In Duitsland het van 2000 tot 2012 'n Duitstalige uitgawe verskyn, die Financial Times Deutschland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search